Gholfdag 3 September 2015


Liewe vriende en ondersteuners.  Hoop julle is geseend. Dankie dat ek met julle kan gesels oor ons golfdag. Hierdie is die ideale geleentheid vir julle om saam met sakevennote die Goeie Nuus Fabriek se landswye kinder- en gesinsbedienning te ondersteun. Ons sien uit om julle by ons golfdag en  dinee as eregaste te onthaal. Ek het ook julle hulp nodig om van hierdie dag ‘n groot suk
. . .  read more
 

29 April Uitreik in Hammanskraal


Onderwysers vergaan nooit - hulle ontbind net later jare in faktore!! Haha... Nee, Lize Oosthuizen is een van ‘n hele klomp aan die brand Christen vriende wat saam met my onderwys gestudeer het by NKP in Pretoria. Van daardie sowat 40 geesvervulde onderwysstudente van ons kerkgroep is daar vandag meer as helfte van hierdie groep in voltydse bediening of betrokke by kinders en gemeenskappe veel wyer as net in die onderwys sisteem. Lize is aan die hoof van ‘n babasorg sentrum vir vigswesies en verwaarlooste kinders in Hammanskraal.&nb
. . .  read more
 

22 April Freedom Feet


Op 22 April het my vriende van Freedom Feet by Laerskool Kameelfontein kom kuier.  Hierdie groep is een van ons land se beste Hiphop dansgroepe en bedien met breakdancing, kragtige getuienisse en gebede. Toe hulle hoor van die optrede by my kinders se skool het hulle dadelik uitgevind of ou Norman ‘n paar items saam met hulle kan doen en die ja-woord gekry.  Dit was sommer vet pret om die voortou te neem met ‘n hele hiphopspan saam met my en ‘n saal vol opgewonde kinders voor my. Ek en die leier, Luan, het verder saam bedien
. . .  read more
 

16 April: Liedjie skryf en Opname


Kan jy glo?  Omtrent ‘n jaar terug was ons presies in die laaste fase van ons eerste CD en nou is ons al besig om liedjies vir die tweede CD en veral vir die My Skool Rock waardes kompetisie op te neem. Ek en Bernard het vroeg die oggend van 16 April deur die verkeer geveg oppad na Wynand Delport se tuisateljee in Midrand. Daar aangekom is ons verwelkom met ‘n lekker koppie koffie en hordes kreatiewe idees.  Ons was weereens verbaas deur Wynand se raakvat musiektalent en ge-oefende ore vir musieknote en melodie&eu
. . .  read more
 

13-18 April Kyknet uitsendings


13-18 April Kyknet uitsendings Ons prys God vir Sy getrouheid!  Net ‘n paar maande terug het julle saam met my begin bid vir oop deure in die media en siedaar! Daar kry ek uit die bloute ‘n oproep van een van Kyknet se regisseurs vir Geestelike programme!  Hulle het dringend aanbieders nodig vir die Woord Van Die Dag oggend oordenkings. Dit was nou waarlik ‘n pragtige antwoord op gebed en presies die regte ding op die regte tyd.  Ek het net 'n naweek geh
. . .  read more
 

7 April Klein Treetjies Kleuterskool saam met Woordsake.


Dit was sommer baie pret om in die April vakansie by Klein Treetjies kleuterskool te gaan bedien.  My hele gesin het saam bedien;  vanaf klein Zoey wat saam voor dans en Bernard wat ysbrekers en tussen items doen en Lizette wat die klank behartig. Ons het die kleintjies geleer hoe kosbaar elkeen van hulle is en 'n paar beginsels van die Projek Forward It CD's met hulle gedeel.  Ek weet sommer hierdie kleintjies gaan 'n voorbeeld vir hul ouers en baie grootmense wees van hoe oulike kinders van die Here optree.
. . .  read more
 

3 April Mosaïek Paasfees.


Op Goeie Vrydag het ons gesin gaan deel in die vreugde by Mosaïek gemeente in Randburg se Paasfest. My eerste sessie was ‘n opelug aanbieding met feesgangers wat op die bankies met hul gesinne kuier op die Piazza. Ons het heerlik saam gesels oor Kaneel en om interaksie te bevorder het ek hierdie sessie amper soos ‘n TV kompetisie aangebied met tonne pryse en pret. Dit was lekker om ouers te ontmoet wat weer met oorgawe hul ouerskapstaak gaan aanbied. ‘n Paar uur later het ons in die kindersaal (Genesis 5)  ‘n interaktiewe kin
. . .  read more
 

Hoogtepunte


25 Maart - 1 April - Cycle to Transform Fietstoer saam met Campus Crusade for Christ.   Ons gesin het hierdie groot avontuur aangepak met die bedoeling om te gaan saai en dien.  Ons het 7 bedieningsgeleenthede in 6 dae gedoen.  Danksy julle ondersteuning kon ons 100 Projek Forward It CD's saai, sowel as 10 boeke en 25 CD's aan mense wat met kinders werk.  Die span het ook verskeie Living Ball balle saam gebring wat ons kon saai. God het ons
. . .  read more
 

Gedagte vir die maand


Ons gesin: Die Posthumusse is gelukkig, geseënd en gesond. Die kinders laat waai hierdie kwartaal met netbal en rugby. Lizette en Bernard doen nog goed met die tuisonderrig. Ons beleef 'n seisoen van Geestelike verdieping en funksioneer vanuit God se rus en vrede.
. . .  read more